BlogsLetterLifestyleNewsOpinions

Primêre Skool Fonteine is deel van ‘Denkgemeenskappe’

"Dit is met opgewondenheid dat ons reeds resultate kan sien! Die leerders toon ‘n merkwaardige verskil in die wyse waarop hul met volwassenes kommunikeer," sê skoolwoordvoerder.

‘n Woordvoerder van Primêre Skool Fonteine skryf:

Die Primêre Skool Fonteine is gekies as die eerste skool in die Vrystaat om deel te word van die Noordwes- Universiteit se projek, “Skole as Denkgemeenskappe” Ons skakel in by dieNoordwes-universiteit se navorsingsprojek onder leiding van Prof Mary Grosser. Wat beteken dit? Om dit wat geleer word te kan bedink, interpreteer en toe te pas.

Ons wil die gemeenskap inspireer om lewenslange ambassadeurs van leer te wees. Houdings en intellektuele vaardighede en strategieë is baie belangrik om die uitdagings van die 21ste eeu aan te pak.

Ons het Januarie 2016 afgeskop met die ontwikkeling van respek in al sy fasette. Leerders en onderwysers wat die beste insette gelewer het in die uitleef van ons strategieë en ‘n verskil in ons gemeenskap gemaak het, is met Kentucky Krushers, Kream Balls, geskenkbewyse en Steers Wacky Wednesday burgers beloon. Die leerders wat in elke klas die reëls die beste gevolg het, is deur hul maats en klasonderwysers aangewys as FFB’s van Reëls (Fonnie Fondasie Beamptes van Reëls).

Dit is met opgewondenheid dat ons reeds resultate kan sien! Die leerders toon ‘n merkwaardige verskil in die wyse waarop hul met volwassenes kommunikeer. Hulle werk hard aan ‘n respekhouding deur bv. mense in die oë te kyk. Tydens die jaarlikse prysuitdeling het ons die vrugte gepluk van ons konstante inoefening en het die leerders met trots ons leuse: Diens, Liefde en Kennis uitgebeeld. Ons kan met dankbaarheid sê dat ons ouers ook meer betrokke is.

Hierdie waardestelsel is verseker die fondament vir ons leerders se toekomsvisie om respek te kan toon aan God en ons naaste. Ons simbole; ‘n ‘mensboom en potlode herinner ons aan die waardes wat ons moet koester en skerp hou

Wat is ons doelwitte?
• Verbetering in gedrag en dissipline
• Aanleer van motivering en volharding
• Positiewe ingesteldhede t.o.v. skool en leer
• Beter samewerkingsvaardighede
• Onafhanklike leer en prestasie.

Fonteine: Die Fonnie Fondasie Denkgemeenskap.
By Fonnies dink en doen ons anders!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button