CommunityNewsNews

Michelle wil kleurvolle verassingdiens hê

VANDERBIJLPARK. - Met nuwe inligting wat bekom is verskyn 4 vedagtes môre in twee verskillende howe in verband met die moord op ao. Michelle Stephenson (44).

VANDERBIJLPARK. – Met nuwe inligting wat bekom is verskyn 4 vedagtes môre in twee verskillende howe in verband met die moord op ao. Michelle Stephenson (44).

Twee mans is aangekeer in verband met die inbraak en moord op Michelle en verskyn môre 23 November in die hof op Vanderbijlpark. Twee ander verdagtes verskyn ook môre in die Sebokeng hof nadat ‘n gesteelde vuurwapen in hul besit gevind is.

Die liggaam van ao. Michelle Stephenson (44) is omstreeks 08:30 op Dinsdag 15 November deur twee kollegas en ‘n buurman in haar huis gevind. Michelle se verassingsdiens vind Vrydag 25 November om 14:00 by die NG-Oos gemeente plaas op die hoek van Livinstone en Playfair Boulevard.

Kashenka, dogter van Michelle het gevra dat mense wat die diens bywoon nie swart nie maar eerder kleurvol aantrek soos haar moeder dit sou wou gehad het.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 23 NOVEMBER.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button