EntertainmentLifestyleNewsUpdate

Country met ‘n Reggae-smakie!

Vernon Muso stel op 9 Desember sy nuwe Country-album (Country According to me) bekend

//

 Min mense weet dat Vernon Muso, die bekende Jazz en Reggae-kitaarspeler en sanger, hom in 2012 stilweg in die Vaaldriehoek kom vestig het en dat hy hom deesdae toespits op Country en Afrikaanse musiek. Dié Kapenaar van geboorte het reeds met bekendes soos Dr Victor & die Rasta Rebels, Alan Ladd, Country-legende Lance James, Touch of Class, Blackie Swart en die Grammy genomineerde Jennifer Jones op een verhoog skouers geskuur. Hy stel op 9 Desember sy nuwe Country-album (Country According to me) bekend en sê dit is geïnspireer deur sy ‘idol’, Lance James. Die bekendstelling vind die aand om 20:00 by Sharky Town in Vanderbijlpark plaas en toegang is R30 per persoon. Bring die hele gesin. Jy kan jou maar regmaak vir ‘n aand van groot plesier!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button