CommunityNewsNews

Sasolburg-boer deur krokodil aangeval

SASOLBURG. - 'n Boer van Sasolburg wie se linkerarm deur 'n krokodil afgeruk is, was teen 1 Desember kritiek maar stabiel. 

Huisgenoot het onlangs berig dat Pieter du Plooy, ’n ambulansnoodassistent van Securicon Lowveld, ’n veiligheids- en ambulansdiens, gesê het dat Allan Peeters (63), ’n plaaseienaar van Sasolburg, in die Millpark-hospitaal behandel word na hy deur ‘n krokodil aangevla is.

Die voorval het by die Komatipoort-laagwaterbrug in Mpumalanga plaasgevind waar Allen visgevang het. Toe hy die vis uit die water trek het die krokodil uit die water gespring, hom gegryp en in die water ingetrek.

Sy regtergewrig is vergruis en hy het weefselskade aan sy regterkuit opgedoen.

Pieter het aan Huisgenoot gesê Allan is laasweek Woensdagmiddag van Nelspruit, waar hy in die Mediclinic behandel is, na die Johannesburgse hospitaal gevlieg.

Dit was nie die eerste keer dat so iets by die brug gebeur het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button