
Talle mense het met skok reageer op die Departement van Basiese Onderwys se besluit om die slaagstandaard vir Wiskunde in graad 7 tot 9 tot 20% te laat sak.
Hoofde het verlede week die inligting ontvang dat indien ‘n leerling in graad 7, 8 of 9 druip omdat hy/sy nie 40% vir Wiskunde behaal het nie, hulle steeds kan slaag indien hulle al hul ander vakke deur is.
Kenners meen dit is ‘n verdere verlaging van onderwysstandaarde onder politieke druk en stuur dit ook verkeerde boodskap aan leerlinge.
Wiskunde is ‘n baie belangrike vak in ‘n groot verskeidenheid van loopbaankeuses wanneer jou kind universiteit toe wil gaan, maar nou kan leerlinge 20% van die werk verstaan en steeds slaag.



