CommunityNewsNewsSportSport

Gevaarlike misdadiger ontsnap uit tronk

'n Gevaarlike misdadiger wat aan ernstige en geweldadige misdaad skuldig bevind is, het die naweek uit die Kgosi Mampuru-gevangenis ontsnap.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder, sê enige persoon wat inligting het wat kan lei tot die inhegtenisneming van Henry Edema Timaya Onoh, ‘n Nigeriese burger, sal moontlik beloon word.

Onoh sou Maandag gevonnis word na hy onder meer aan huisbraak, huisroof, verkragting en diefstal skuldig bevind is, maar nou is hy op vrye voet.

Die ontsnapping word ondersoek.

Indien jy enige inligting het skakel 0860 010 111.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button