Só lui die Gelofte van jare gelede
Feesvieringe dié week in Suikerbosrand
Waaroor gaan Geloftedag?
Op 16 Desember 1838 is 470 Voortrekkers deur ten minste 10 000 Zoeloes, georganiseer in verskeie ‘impi’s’, by Bloedrivier aangeval. In die daaropvolgende oorwinning is net een Voortrekker lig beseer — hul leier, Andries Pretorius. Op die voorafgaande paar dae het die Voortrekkers daagliks ‘n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, sou hulle en hulle nageslag daardie dag soos ‘n Sabbatdag herdenk, en die eer van die oorwinning sal aan God gegee word. Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivier, en die dag as (oorspronklik) ‘Dingaansdag’ (genoem na die koning van die Zoeloes).
‘n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die granietsenotaaf in die Voortrekkermonument.
Oorgang na Versoeningsdag
In 1994 het die eerste ANC-regering die dag met die meer politiek-korrekte Versoeningsdag vervang om versoening oor kultuur- en kleurgrense te bevorder. Afrikaners vier egter steeds geloftedag in die gees van die Gelofte. Daarteenoor onthou swartmense die dag eerder as die dag waarop uMkhonto we Sizwe sy eerste aanvalle in 1961 uitgevoer het. (Inligting: Wikipedia)
Mense wat graag Vrydag se Geloftefees in Suikerbosrand wil bywoon, kan die voorsitter van die Geloftefeeskomitee, mnr. Jorrie Jordaan, by 072 470 5180 skakel vir meer besonderhede.




