BlogsLifestyleNewsOpinions

Wat is “COOL”?

Dr. Johan de Lange, bekende oogspesialis en 'n fyn sosiale waarnemer, gee sy mening oor alledaagse sake wat ons almal raak.

“Cool” is nie “rassisme” nie.
Nou toe dan. Wat is “cool?”
En wat is “rassisme”?
Wel, kom ons begin by die begin.
Albei hierdie verskynsels is slegs wat?………….. WOORDE natuurlik.
Wat is ‘n woord?
Dis ‘n versameling simbole [letters] wat ‘n klank aandui. Die klank [woord] is dan veronderstel om ‘n betekenis te hê.
En dis juis hier waar die knoop lê. By die betekenis.
Kom ons begin by “Cool”.
“Cool” is ‘n Engelse woord. Dit beteken koel. Nie juis warm nie. Iewers tussen aangenaam koel en bietjie te koud.
Maar toe kom die kinders, ‘n aantal jare gelede, en verander die betekenis. Skielik is “Cool” iets met ‘n heel ander betekenis. Dit beteken sedertdien oulik of mooi of goed of aanvaarbaar of iets in dier voege. [Iets in dier voege is oud-Afrikaans en beteken iets soortgelyks, Jannie]. En ons begin almal geleidelik om die woord “cool” se nuwe ekstra betekenis te aanvaar en te gebruik. Ons het eintlik geen keuse gehad nie.
Wat nou van die woord “rassisme”? Wel, dieselfde het gebeur. “Rassisme” beteken basies dat een ras teen ‘n ander ras diskrimineer op grond van ras. Wit teenoor swart ASOOK swart teenoor wit.
MAAR dit het verander. Rassisme se betekenis het wêreldwyd verander. Dit word nou internasionaal hoofsaaklik gebruik om wit teenoor swart diskriminasie aan te dui. En dis dit. Ek herhaal. Dis nou slegs wit op swart diskriminasie en nie andersom nie.
Maak vrede daarmee en beweeg aan. Eintlik het niks verander nie, slegs die betekenis van ‘n woord
Wat sal ons nou gebruik om swart op wit rassisme mee aan te dui. Hoe klink vergelding? Retribusie? Pay Back time?
Ek vra maar net?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button