CommunityLocal newsNewsNews

Die week in die Vaal?

VANDERBIJLPARK. - Sedert Maandag 18 Desember het verskeie inbrake die dorp getref maar die ontvoering van 'n jong dogtertjie het die gemeenskap laat regop sit.

VANDERBIJLPARK. – Sedert Maandag 18 Desember het verskeie inbrake die dorp getref maar die ontvoering van ‘n jong dogtertjie het die gemeenskap laat regop sit.

Die 10 jarige Kiara Pais is Dinsdag voor Adantès in Ericsonstraat deur twee mans gepryp waar sy saam met haar ma geloop het. ‘n Groot soektog is van stapel gestuur om haar op te spoor. Willie Muller van die SE6 buurtwag het haar opgespoor in Albertistraat naby die begraafplaas. Albei die verdagtes het weggekom.

Verskeie inbrake in Westinghouse boulevard het plaasgevind waar onder meer fietse uit motorhuise gesteel is. In Langehovenstraat is ook ingebreek en ‘n tablet en kos is gesteel. Sasolburg het ook deurgeloop met inbrake en 2 vuurwapens is gesteel.

Twee bejaardes is Woensdag op Mckay Estate aangerand en beroof. Die booswigte het weggekom met die egpaar se Nissan NP300 bakkie met registrasienommer SZZ146GP.

‘n Geruime tyd nou is watermeters die teiken van diewe en meters is in Kingsley straat, Coleridgestraat, Scotstraat en Moffatsraat is gesteel.

Vandag 22 Desember berig die Community Support Forum dat vervalste R200 note in omtrek is en die publiek en besighede moet hul vergewis van die identifikasie van vervalste note. Laat vanmiddag het ‘n voertuig aan die brand geraak op die hoeke van Totius en Van Riebeeck strate in Duncanville  naby die AGS kerk. Die brandweer was op die toneel en die brand is geblus.

‘n Vrou is net voor 16:00 vanmiddag raakgery op die Mullerstuine pad en is op die toneel dood verklaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button