Leonie Lombard
Michelle Stephenson, my Beste Friend for Ever… ek het jou so baie gemis op hierdie nat Kersdag…..ek , Monique , Johan Lombard en Clarens Pretorius het ‘n shot Vodka gedrink op jou….jou shot staan by jou foto…. en ek het vir jou Ferrero Rocher gekoop… jou favourite……..aaai maaitjie, weet jy hoe het ons jou gemis… kan jy onthou hoe lekker ons laas Kersdag gekuier het… jy en Johan het gammon gaargemaak en opgesny…. en net om my te pes het jy van daai vark wat ek glad nie eet nie in my mond gedruk.
Kan jy onthou… ek het mos die braaier aangesteek terwyl daar gas in was… dit het amper my kuif en my ooghare afgebrand…. jy het eers geskrik toe lag jy dat die trane loop… ek is badkamer toe om my gesig te was en toe ek uitkom het jy Burn van Ellie Goulding vir my gespeel…. jy kon nie ophou lag nie… ons het heeldag net lekker gekuier en gelag… sjoe my ou Maaitjie, ek en jy het so 2 maande gelede weer ‘n lekker Kersdag beplan …. hoekom… hoekom moes dinge nou so wees?
Ek weet jy is gelukkig waar jy nou is …. maar hoe hou ek op om jou te mis…. ons mis jou lag en grappies…. jou ernstig wees… jou interessante verhale…. jou lewenswyshede…. jy kon stupid grappe vertel en dan baie interessant gesels…. van Bybel tot politiek… Michellie, die jaar wat voorlê klink op die stadium vir my vreemd en ek het nog nie aan die idee gewoond geraak dat jy nie meer hier is om mee te gesels… raad te vra of net ‘n sms te stuur nie… Maaitjie Jesus, het ‘n Engel van ons by Hom……
* Die geliefde polisievrou, Michelle Stephenson, stigter van Jessica’s Wall of Life wat omsien na weggooi-babas, is op 15 November 2016 in haar huis in Westinghouse-boulevard, Vanderbijlpark verwurg. Drie mans, insluitend haar tuinier, is enkele dae later in verband met haar moord in hegtenis geneem. Hulle is in aanhouding in afwagting op die hofsaak. Redakteur.




