BlogsCommunityCommunityLifestyleLocal newsNewsOpinionsPhoto Galleries

Sonlandpark Apteek bederf bejaardes

Verskeie suksesvolle projekte vanjaar aangebied ten bate van seniors

 

Carla du Plessis

VEREENIGING. – Sonlandpark Apteek het op 3 September ‘n baie suksesvolle pretstap aangebied en dit goed gedink om die fondse te gebruik om die bejaardes van Sonlandpark te bederf.

‘n Liplekker spitbraai is by Kosmos Tehuis en Plekki ini Son onderskeidelik op 22 en 24 November gehou. Daar is heerlike trifle as nagereg bedien en bejaardes is ook met ‘n kershoedjie, twee geskenkies en ‘n Kerskous vol lekkernye bederf.

Sonlandpark Apteek bedank graag Anthony Lawrenson van Vreedtsaam Spitbraais, Van der Merwe Slaghuis, Josef Coetzee snr, Josef Coetzee jnr en elkeen wat gehelp het en bygedra het om die geleenthede ‘n sukses te maak.

“Die dankbaarheid en waardering in elkeen se oë en drukkies en soentjies was meer dank wat ons ooit aan kon dink,” se Amanda Lawrenson van Sonlandpark Apteek.

Foto: Inwoners van Plekki ini Son.

sonlandpark bejaardes1

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button