Wie kan vir dié kiets ‘n gawe huis gee?
Tiger moet dringend liefdevolle eienaars kry

Sonia van Vanderbijlpark skryf:
Goeie more, ek wil graag iets uitvind. Die 16de Desember, 5uur die oggend, het ons ‘n babakatjie agter in ons erf gehoor en gaan kyk. Weet nou nog nie hoe hy agter in ons erf beland het nie. Ons kyk van toe af na hom en het hom Tiger gedoop. Hy is nou omtrent 7 weke oud. Ek soek dringend vir hom ‘n liefdevolle huis. Ek kan hom nie hou nie. Het al navrae gedoen by die Petshop maar hulle sit reeds met so baie katte in hokke en ek kan nie vir Tiger daar in ‘n hok sit en wegloop nie. Dit is vir my te wreed.
Weet jul dalk van iemand wat sal belangstel in die katjie? Ek stuur ‘n foto van hoe hy lyk. Ek sal dit baie waardeer as julle my kan help om vir hom ‘n goeie huis te kry.
(As iemand die katjie wil aanneem, laat asseblief ‘n boodskap op Vaalweekblad-Facebook, dan sal Sonia privaat met jou kontak maak. Redakteur).



