CommunityNewsNews

Brand by Vereeniging-polisiestasie

VEREENIGING. - Toe die publiek twee brandweerwaens van die Emfuleni Brandweer by die Vereeniging-polisiestasie in Voortrekkerstraat gewaar het, is die ergste vermoed. 

‘n Brand het op 16 Januarie omstreeks 18:00 by die Vereeniging-polisiestasie uitgebreek, maar te danke aan die brandweer se vinnige reaksie is die brand vinnig geblus.

Die brand is vermoedelik deur ‘n kortsluiting in die elektriese konneksies veroorsaak, maar dit is egter nog nie bevestig nie. Kaptein Fikile Funda, woordvoerder van die Vereeniging SAPD, sê geen skade is aan die kantore of enige dokumente aangerig nie. 

Die ondersoek om die oorsaak van die brand te bevestig sal môre voortgaan omdat daar tans geen elektrisiteit by die gebou is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button