CommunityNews

Dié week in die nuus

Hier is 'n paar berigte wat jy in Vaalweekblad se 18 Januarie uitgawe kan lees

Retha Fitchat

* Is their a snake in Emfuleni’s grass……? Allegations are made that a high level official in Emfuleni Local Municipality has her fingers in the cookie jar of a R15 million grass cutting contract. Emfuleni launched a full forensic investigation and will give feedback soon.

* ‘n Bekende oud-onderwyseres van Transvalia, HS Drie Riviere en Laerskool Historia sterf na ‘n kort siekbed.

* ‘Lamppaal’-diewe loop hul rieme styf en ‘n Vaalweekblad-verslaggewer help om hulle aan te keer.

* “Ons kry almal swaar”, sê oom Zander en tant Miepie ‘van der Plot’ in ‘n brief aan karwagte. In ‘n ander brief op die brieweblad vra ‘n leser dat die bome by “Checkers in die gat” afgekap moet word omdat dit net skadu aan lastige mense gee wat vir kwaadgeld daar rondsit.

* Kyk watter manne wen ons Movember Snorbaard-wedstryd!

Onthou ook om te kyk na ons SMS-rubrieke waar lesers hulle mening oor alles-en-nog-wat kan gee, ‘n Maatsoekershoek en ‘n Werksoekers-afdeling.

Sport:

Dit is huissporttyd – kyk gerus na die oulike aksie-foto’s wat by verskeie skole geneem is.

Vaalweekblad Sport gee ook terugvoer oor die afgelope naweek se Century Electrical-fietswedsren.

Kry jou Vaalweekblad by ‘n straatverkoper of jou naaste winkel teen slegs R5-10.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button