Mittal Hengelklub se Januarie-kompetisie
Mittal Hengelklub het van 13 tot 15 Januarie 'n lekker kompetisie by Morgenson, Vaaldam, gehou.
Mittal Hengelklub het van 13 tot 15 Januarie ‘n lekker kompetisie by Morgenson, Vaaldam, gehou.
Daar is 322 vis gevang, wat 249.515 kg geweeg het.
Die afdelingswenners was soos volg:
In die Meestersafdeling was Thys Beeslaar eerste met 35 vis van 18.67 kg, Ben Barnard tweede met 35 vis, 18.495 kg en Okkie Eveleigh derde met 21 vis van 21.15 kg.
In die seniorafdeling was Danie Henning eerste met 30 vis van 41.63 kg, Jakkie Barnard was tweede met 26 vis van 29.34 kg en Grysie Beeslaar derde met 25 vis 17.81 kg.
In die Dames afdeling was Ansie Potgieter eerste met 17 vis van 9.075 kg, Rentia Nel tweede met 10 vis 9.09 kg en was Chantelle Visser derde met 11 vis 4.73 kg.
In die juniorafdeling was Armand Beeslaar eerste met 11 vis van 11.6.695 kg en Leandri Joubert tweede met 9 vis van 4.465 kg.
In die penkopafdeling was Thysie Beeslaar eerste met drie vis van 0.95kg en Aiden Potgieter tweede met een vis van 0.26kg.
Die hengelaar van die naweek was Danie Henning met 30 vis van 41.63 kg
Die grootste spesies is soos volg gevang:
Die grootste spesies is soos volg gevang.
Volskub karb 175 142.97kg Ben Barnard 3.400KG
Gewone Karb 19 21.245kg Jannie Nel 3.240KG
Graskarp 0 kg
Moddervis 56 31.825kg Okkie Eveleigh 1.250KG
Baber 30 38.41kg Jakkie Barnard 5.655KG
Geelvis 42 15.065kg Danie van Rooyen 0.975KG
Hengel Groete
Riaan Joubert 072 140 7173
Percy van Zyl 082 311 0407
Reklame Beampte




