NewsNews

Nog vreugde vir die Vaaldam

Om te dink 'n paar maande gelede was die Vaaldam byna onder sy minimumvlak van 25% en nou lyk dinge aansienlik beter vir dié dam wat aan inwoners van Gauteng water voorsien.

Rand Water het op 20 Januarie die nuutste watervlak van die Vaaldam bekend gemaak en nou is die dam al meer as 50% vol. Die Vaaldam se watervlak staan op 63% wat baie goeie nuus is. Om te dink die dam se watervlak was op 6 Januarie 44.6%. Dit is ‘n styging van 18.4% in twee weke.

Inwoners word egter steeds gevra om water spaarsamig te gebruik en die reëls aangaande waterbeperkings te gehoorsaam.

Ander damme se watervlak lyk as volg:

Die watervlakke soos bekendgestel deur Rand Water op 20 Januarie.
Die watervlakke soos bekendgestel deur Rand Water op 20 Januarie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button