NewsNews

Ongeluk in Meyerton eis twee

MEYERTON. - Twee mense is dood en drie beseer toe 'n voertuig met 'n boom in Kareestraat in Meyerton gebots het.

Omstreeks 15:30 gistermiddag is ER24 en Midvaal Brandweer na die toneel ontbied. Met hul aankoms het hulle twee mans buite die voertuig gevind wat noodlottige beserings opgedoen het.

Drie ander mans is binne die voertuig gekry. Brandweermanne moes lewenskake gebruik om die drie mans uit die wrak te bevry.

Hulle is op die toneel vir hul beserings behandel en hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button