Dr. Deon Kotze staan tereg op aanklag van strafbare manslag na die tweejarige Juandré Bennett op 4 Mei 2012 na ‘n mangeloperasie oorlede is.
Dr. Kotze het skuld erken en in sy verklaring gesê hy was veronderstel om die halotaangas na twee minute van 5% na 2% verminder, maar hy het nie. Dit het kardiorespiratoriese onderdrukking tot gevolg gehad.
Advokaat Johan Ströh, wat vir dr. Kotze optree het aan die hof gesê dat dr. Kotze nie op die altaar van vergelding geplaas moet word en hy hoef nie ‘n les geleer te word nie, terwyl advokaat Deon Barnard, wat vir die staat optree aan die hof gesê het ‘n toepaslike vonnis moet opgelê word om sodoende ook ‘n boodskap aan ander medici te stuur dat hulle nie met mediese nalatigheid kan wegkom nie.
Alida Bennett, Juandré se ouma, sê die seer gaan nooit weg nie, mens leer net om daarmee saam te leef. Juandré sou vanjaar in graad 1 gewees het.
Dr. Deon Kotze sal egter môre gevonnis word.



