NewsNews

Ambulans met pasiënt rol op R59

MEYERTON. - 'n Ambulans van Princemed EMS wat 'n pasiënt vervoer het, was vanoggend in 'n ongeluk by die Johan le Roux-afrit op die R59 betrokke.

 

Nooddienspersoneel van ER24 en Midvaal Brandweer het vir meer as ‘n uur gespook om die bestuurder van die ambulans uit die wrak te bevry.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol en langs die pad in ‘n sloot beland het.

Die bestuurder en die pasiënt wat vervoer is, het kritieke beserings opgedoen, terwyl ‘n paramedikus ernstige beserings opgedoen het. Al drie se toestand is egter stabiel.

Die ongelukstoneel
Die ongelukstoneel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button