Brief: Waterbeperkings en Waterlekke in Emfuleni
Me. Elize Aucamp, Emfuleni-raadslid vir Wyk 45, kla oor die vermorsing in haar wyk en die res van die munisipale gebied.

Me. Elize Aucamp, DA-raadslid vir Wyk 45 in Emfuleni, skryf:
Sedert die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit besluit het om waterbeperkings in te stel word inwoners gewaarsku dat hulle beboet sal word, sou hulle nie hou by die reëls en regulasies rondom waterverbruik nie. My vraag is nou egter, gaan Emfuleni hulleself ook beboet siende dat dit hulle weke neem om waterlekke te herstel en waterlekke wat herstel word moet gewoonlik binne die volgende twee weke weer herstel word.
Reeds voor die implimentering van waterbeperkings is verskeie waterlekke in wyk 45 aan Metsi a lekoa gerapporteer, sommige van daardie lekke is nog steeds nie herstel nie. Die harsteer is dat al die water wat verlore gaan ‘n groot finansiele implikasie het op ‘n munisipaliteit wat reeds finansiële uitdagings in die gesig staar en ongelukkig hardloop Emfuleni se geld saam met die water in die drein af siende dat niemand verantwoordelik gehou kan word vir daardie vermorsing nie.
‘n Epos is aan die munisipale bestuurder gestuur waarin daar gevra word dat daar dringend aandag gegee word aan die tydperk wat dit Emfuleni neem om ‘n waterlek te herstel en dat druk op die relevante department toegepas word om te verseker dat kwaliteit werk gelewer word en waterlekke net eenkeer herstel word.



