CommunityNewsNews

Gimmies se nuwe hoof klok in

VEREENIGING. - Opgewondenheid het vanoggend by Vereeniging Gimnasium geheers toe die skool se nuwe hoof amptelik ingehuldig is. 

Mnr. Nelis van Dyk het op 7 Februarie sy nuwe rol as skoolhoof van Vereeniging Gimnasium ingeneem en is opgewonde oor die tyd wat voorlê.

Mnr. Van Dyk is van Springs en in die onderwys sedert 1987. “Ek is werklik bevoorreg om Vereeniging Gimnasium se hoof te wees. Die basis is reeds gevorm en nou kan ons net voortbou om sodoende die beste en die grootste skool te wees wat ons kinders ten volle opvoed,” sê mnr. Van Dyk.

Mnr. Van Dyk sal graag meer gemeenskapsbetrokkenheid by Gimmies wil sien en moedig ouers aan om hul kinders en die skool te ondersteun. “Alles wat ons doen is tog vir ons kinders en hier by Gimmies is baie potensiaal.”

 

 

Mnr. Nelis van Dyk.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button