CommunityNewsNews

19 Beseer toe bakkie rol

VANDERBIJLPARK. - 19 Mense is beseer toe die bestuurder van 'n bakkie vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.

Noodpersoneel van Netcare 911 is gister omstreeks 07:00 na die toneel in Delfos-boulevard ontbied.

Daar was 19 mense in die voertuig. Met hul aankoms het hulle die voertuig op sy wiele gevind en dit lyk asof dit verskeie kere gerol het. Insittendes van die bakkie het in die veld gelê. Sommige het ernstige beserings opgedoen, terwyl ander ligte beserings opgedoen het.

Pasiënte is op die toneel behandel, waarna hulle na verskeie hospitale vir verdere behandeling geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button