CommunityNews

Slaggate nou ‘n uitspanplek?

VANDERBIJLPARK. - Honderde klagtes word weekliks by die media aangemeld ten opsigte van infrastruktuur en instandhouding wat onder leiding van die Emfuleni munisipaliteit besig is om te disintegreer.

 

Karmen du Plessis van MooiVaal Media het so ‘n geleentheid gesien om die 2 m by 1 m krater in Van Rhijn-plein in die dorp te gebruik vir ‘n Vrydagmiddag-lafenis. Met haar emmertjie, sambreel en swemring het sy omstanders laat skater van die lag.
Die slaggat is reeds maande daar en is tans so groot en diep dat skade aan voertuie, selfs teen ‘n lae spoed, onafwendbaar is.
Karmen du Plessis, werknemer van MooiVaal Media speel lekker methaar strandtoerusting in die massiewe 2 m by 1 m slaggat in van Rhijn-plein.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button