
Verlede week het die twee beskuldigdes in die vlakgrafmoordsaak drie keer in die hof verskyn.
Nadat Marissa Barnard verlede Maandag 6 Februarie vroeg die oggend gearresteer is vir die moord op Gerhard Erasmus (50) asook ‘n addisionele klag van regverydeling het sy en Gerrie Mulder (40) weer Dinsdag 7 Februarie in die hof verskyn. Mulder het aansoek gedoen vir staats regshulp waarop Barnard aangedui het dat sy van die dienste van prokureur David Mey gebruik gaan maak. Vrydag het beide weer in die hof verskyn. Mulder se borgtog is egter geweier na sy prokureur van Legal Aid se vertoeë. Die staat het Barnard se borgaansoek toegestaan op R1000 en sy moet drie keer ‘n week by die Barrage polisie aanmeld.
LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 15 FEBRUARIE
FOTOS EN VIDEO: Jannie du Plessis




