Dag drie: Braam Smith ATKV Kaap fietstoer
Dag drie van die Braam Smith/ATKV fietstoer sal Braam sekerlik baie goed onthou. Hy het met sy toer tussen Klerksdorp en Ottosdal so effens die pad byster geraak en verdwaal en toe op 'n grondpad beland.
Dag drie van die Braam Smith/ATKV fietstoer sal Braam sekerlik baie goed onthou. Hy het met sy toer tussen Klerksdorp en Ottosdal so effens die pad byster geraak en verdwaal en toe op ‘n grondpad beland. Gisteraand het hy by Hennie en Hanneke Coetzee oornag op ‘n plaas buite Ottosdal. Vandag 15 Februarie pak hy ‘n 114km rit aan vanaf Ottosdal na Schweizer-Reneke, ook bekend as die stad van sonneblomme.
Die toer is egter om geld in te samel vir die hulpbehoewende mense van Leeuhof in Vereeniging en die gemeenskap word gevra om Braam te help in sy poging om dit vir die mense makliker te maak.
Die ATKV-hoofkantoor het ook aan dié projek erkenning gegee. Bydraes kan in die vorm van donasies kan in die volgende bankrekening gedeponeer word. Bankbesonderhede: ATKV Vaalplakkers, Absa Bank, tjekrekening, 4080990182. Indien jy meer oor Braam se gemeenskapswerk wil uitvind of dit finansieël wil ondersteun, kontak hom by 083 997 7330.
* Volg sy fietstoer en die volledige toerprogram op vaalweekblad.com vir foto’s en ‘n verslag oor die toer.

Met mooi groen weiveld het Braam hierdie paar renosters langs die pad raakgeloop. Gelukkig anderkant die draad anders sou hy die landspoed rekord vir fietsry gebreek het.




