CommunityNewsNews

Balfour-plaasmoord ruk gemeenskap

BALFOUR. - Vier mense is dood tydens 'n plaasaanval in Balfour, Mpumalanga in die vroeë oggendure van 14 Februarie. 

Die egpaar, Louis Smuts, sy vrou Belinda Naudé en hul ouers, Gert en Paulina Smuts is dood op hul plaas tussen Balfour en Devon, aangetref.

Die booswigte het met die gesin se Prado op vlug geslaan, maar die voertuig is intussen gevind.

Volgens die polisie is twee van die verdagtes reeds vasgetrek.

Die ondersoek duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button