CommunityNewsNews

Lyk gevind in dam by Montecasino

Die lewelose liggaam van 'n man is gister in ’n dam op die perseel van Montecasino in Johannesburg gevind.

‘n Personeellid van Montecasino het vroeg die oggend op die lyk afgekom en bestuur in kennis gestel.

Sodra die man geïdentifiseer is, sal naasbestaandes in kennis gestel word. Die lyk was reeds ontbind toe dit gevind is en die polisie het geen leidrade om te volg in verband met die voorval nie.

Die polisie is na die toneel ontbied en ondersoek die saak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button