Dag 4: ATKV Fietstoer – Braam verjaar op sy fiets
Dag vier van die ATKV fietstoer is vir Braam Smith besonders aangesien dit vandag sy verjaarsdag is. Braam se fietstoer is om geld in te samel vir die hulpbehoewende mense van Leeuhof in Vereeniging en die gemeenskap word gevra om Braam te help in sy poging om dit vir die mense makliker te maak.

Braam trap vandag die afstand van 138km tussen Sweizer-Reneke en Warrenton. Die dorp is geleê in die Noord-Weste kant van die Noordkaap en is hoofsaaklik diamant gebied. Hy slaap vanaand by Jan van Wyk in Warrenton.
Vaalweekblad as mediaborg en al sy webblad en faceboek vriende wens hom ‘n gelukkige verjaarsdag toe.

Die ATKV-hoofkantoor het ook aan dié projek erkenning gegee. Bydraes kan in die vorm van donasies kan in die volgende bankrekening gedeponeer word. Bankbesonderhede: ATKV Vaalplakkers, Absa Bank, tjekrekening, 4080990182. Indien jy meer oor Braam se gemeenskapswerk wil uitvind of dit finansieël wil ondersteun, kontak hom by 083 997 7330.
* Volg sy fietstoer en die volledige toerprogram op vaalweekblad.com vir foto’s en ‘n verslag oor die toer.