CommunityLifestyleLocal newsNews

Spesiale oomblik toe skool saam bid

Afrikaans Hoër Sasolburg se leerlinge kniel saam vir juffrou.

Schalk le Roux

SASOLBURG. – ‘n Baie spesiale oomblik het onlangs by Afrikaans Hoër Sasolburg afgespeel. Die Affies se jarelange gebruik om ‘n “kneel down” te hou vir ‘n spesifieke rede (in die verlede vir droogte, geweld, ens.), het gestalte gekry in ‘n stilgebed vir onderwyseres Hanri de Lange.
Hanri en haar man se babadogtertjie is op 5 Januarie prematuur gebore en hoewel die baba gesond is, het Hanrie ernstige gesondheidsprobleme begin ondervind.
Al die Affies het saam gekniel en vir die gesin gebid. Dit het sosiale media gehaal en was ook op Facebook gelaai. Die ‘post’ het binne dae 12 000 ‘hits’ gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button