
Beeldmateriaal waar ‘n man ‘n hoender in die lug gooi is intussen wys op soiale media gedeel asook ‘n foto waar ‘n sigaret in die hoender se bek gesit word. Dit lyk soos dieselfde hoender, maar dit kan nie bevestig word nie.
Die Helshoogte-manskoshuis se ‘hoenderdag’ is ‘n jaarlikse instelling waar daar stalletjies en musiek is en studente sommer lekker saam kuier.
Na ondersoek ingestel is, is daar egter bevestig dat die man nie ‘n gerigistreerde student van die universiteit is nie en uit die aard van die saak nie ‘n inwoners van Helshoogte-manskoshuis nie. Die man het glo self die hoender daar aangebring.
‘n Ondersoek van dieremishandeling is intussen van stapel gestuur. Die hoender is glo veilig en daar word na hom omgesien.



Klik op die skakel op die video te kyk: Hoender in die lug gegooi



