NewsNews

Meyerton skietery eis twee

MEYERTON. - Twee mans is dood na 'n skietery vanoggend in Gallowaystraat, Meyerton uitgebreek het.

Midvaal Brandweer en ER24 is na die toneel ontbied vroeg vanoggend.

Met hul aankoms het hulle die een man met verskeie skietwonde in sy rug gevind. Hy het noodlottige beserings en nooddienspersoneel kon niks vir hom doen nie.

Hulle is daarna na die fabriek waar die skietvoorval glo plaasgevind het, waar hulle ‘n ander man in sy voertuig gevind het.

Hy is in die kop geskiet en ook dood op die toneel verklaar.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir Er24, word die voorval ondersoek. Meer inligting sal volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button