NewsNews

Groot boom val om in Meyerton

MEYERTON. - Inwoners van Saundersonstraat is vanaand baie hartseer oor die groot boom wat vanmiddag omgeval het.

As gevolg van die baie reën wat die laaste paar dae uitgesak het, het die Akasia boom met Moeder Aarde kennis gemaak en dwars oor die pad gelê.

Mev. Eva Taylor, wat in die straat woon, sê dit is baie hartseer dat die boom omgeval het, want dit staan al etlike jare daar. Sy woon al 42 jaar daar en die boom is 45 jaar oud.

Brandweermanne van Midvaal Brandweer spook steeds om die boom uit die pad te verwyder.

 

Midvaal Brandweer spook steeds om die boom uit die pad te verwyder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button