Sport

Nuwe klub se studente presteer

Armand Viljoen neem deel aan Nasionale Karate Kampioenskappe in Durban

 

Tydens die onlangse Sedibeng Karate Kampioenskappe het nie minder as 10 van Vaal Karate se studente die Sedibeng Karate span gehaal. Armand Viljoen, een van die klub se studente, het ook deurgedring na die Gauteng Karate span, waar hy die klub op 3 – 4 Maart 2017 by die Nasionale Karate Kampioenskappe in Durban gaan verteenwoordig. Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie vir Armand sowel as vir die klub as in ag geneem word dat die klub slegs een jaar oud is.

 

Volgens die nuutste syfers is Vaal Karate ook die klub in die Vaaldriehoek met die meeste geaffilieerde studente by Sedibeng Karate en is ook geaffilieer by Karate Suid-Afrika.

Die Protea-afrigter Sensei Brando Pillay bied op ‘n gereelde basis seminare in Gauteng aan, tot voordeel van die klub se studente.  Graderings by Vaal Karate word deur die  hoofinstrukteur, Hanshi Sonny Pillay, (8ste Dan), President van SKISA & Karate Suid-Afrika, asook Vise-President van die Commonwealth Karate Federation (CKF) gedoen, wat tot gevolg het dat die klub se standaard en gradering objektief en van die hoogste gehalte is. Die klub streef daarna om net die beste vir hul studente te bied.

Vaal Karate is ook geaffilieer by SKISA. Nadere besonderhede oor hoe om by die klub aan te sluit is beskikbaar by 083 7787  331.

Related Articles

 
Back to top button