BlogsLocal newsNewsNews galleriesOpinionsPhoto Galleries

Nog foto’s van Vaaldam se sluis-opening

Twee van die Vaaldam se sluise is vandag (26-2-2017) vir 'n ruk lank oopgemaak om die vlak van die Vaaldam te beheer. Die vlak was vandag 97%.

Retha Fitchat

Hoewel waterbeperkings binnekort amptelik opgehef gaan word, het die Minister van Waterwese en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, vandag in ‘n mediakonferensie by die Vaaldam in Deneysville gesê inwoners moet besef dat Suid-Afrika ‘n land met min water is. Die land se grondwatervlak is steeds laag en sal ‘n hele paar jaar neem om te herstel.

Die Vaaldam, soos alle damme in die land, word tans intensief gemonitor en dit kan van tyd-tot-tyd nodig wees om water skielik vry te laat, het die minister gesê. Sy het weer eens ‘n beroep gedoen op mense wat teen die oewer van riviere soos die Oranje- en Vaalrivier bly, om voorsorg te tref dat hul besittings en vee betyds na hoër terreine verskuif kan word indien dit nodig sou wees.

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button