HealthLifestyleLocal newsNews

Nuwe oogkunde-praktyk open in Vanderbijl

Bekende Vaaldriehoekse oogkundige Conrad van Heyningen neem praktyk oor in SE3

Retha Fitchat

VANDERBIJLPARK. – Na jare in die bedryf as oogkundige in die Vaaldriehoek, is Conrad van Heyningen geen vreemdeling in die streek nie. Met die afsterwe van sy skoonpa, die bekende oogkundige George Atkinson, vroeër vanjaar, het Conrad die praktyk op die hoek van Louis Trichardt- en Hendrik van Eck-boulevard in die dorp nou as eienaar oorgeneem.
Conrad het 28 jaar ervaring as brilmaker en spesialiseer onder andere in jaglense en ander sport-spesifieke oogtoerusting, veiligheidsbrille en raamlose brille. Hy het ook baie ervaring in lae visie, met hulpmiddels soos teleskope. Danksy ‘n lensvervaardigingslaboratorium op die perseel, kan brille besonder vinnig gemaak en gelewer word. “Ons doelwit is om hoë gehalte, bekostigbare brille wat spoedig vervaardig word volgens noukeurige, professionele en volledige oogtoetse, aan ons pasiënte te lewer,” sê Conrad.
“Ons het ook spesiale aanbiedinge vir pensioenarisse en mense wat nie ‘n mediese fonds kan bekostig nie,” sê hy. Daar word beplan om in die nabye toekoms ‘n diens te lewer aan bejaarde pasiënte wat nie altyd vervoer het nie, om hulle gereeld by ouetehuise op te laai om oogsorg aan hulle te verskaf.
Die kantoor-ure is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00. Die onderneming sal ook per afspraak na-ure en Saterdae teen geen ekstra fooi oop wees vir pasiënte wat nie in die week ‘n geleentheid het om oë te toets nie. Skakel dus die spreekkamer om ‘n tyd vas te maak wat u die beste pas.

Vir vriendelike, vinnige en professionele diens, maak  ‘n afspraak by Conrad van Heyningen Oogkundiges by (016) 932 1779.

Oogkundige Conrad van Heyningen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button