NewsNews

Vragmotor slaan om op R59

MEYERTON. - Die bestuurder van 'n vragmotor het geringe beserings opgedoen na die vragmotor op die R59 omgeslaan het.

Noodpersoneel is vanoggend net na 09:00 na die toneel ontbied. “Dit lyk asof die vragmotor omgeslaan het en sy vrag het op die rand van die pad geval,” sê Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911. Die bestuurder het ook wonderbaarlik uit die wrak ontsnap.

Die bestuurder is op die toneel behandel en daarna hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button