NewsNews

Wat op dees aarde hang aan dié kar?

SASOLBURG. - Op die oog af lyk dit kompleet asof dié kar in een of ander riller rolprent moet wees, maar in die werklikheid ry hy hier in die Vaaldriehoek rond.

Aanhangers van die rolprent Mad Max sal vinnig een en een bymekaar kan sit as hulle die kar sien, maar wie het met die oorspronklike idee vorendag gekom?

Die afgelope twee jaar bou Dylan Elbert, ‘n inwoner van Vaalpark, die kar op. “Hulle noem dit ‘n Rat Rod en ek gaan gereeld na skoue en gebruik dit vir funksies soos om graad 12-leerline na hul matriekafskeid te neem,” sê hy.

Dylan sê wanneer hy by ‘n skou is loop die mense verby die deftige blink-gepoleerde Ferrari en staan vir etlike oomblike stil by sy ‘Mad Max’ Mercedes om foto’s te neem.

Indien jy die voertuig gewaar, moenie skrik nie, Mad Max is nie in die Vaaldriehoek nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button