CommunityHealthLifestyleLocal newsNewsPhoto Galleries

‘Help, ons buurt stink!’

Inwoners uit verskillende dele van die Vaaldriehoek het die afgelope week laat weet dat rou riool in hul omgewing uitborrel en in sommige gevalle reguit Vaalrivier toe loop

Retha Fitchat
VANDERBIJLPAR & UNITASPARK. – Inwoners van SW5, Vanderbijlpark, wat in die omgewing van Emfuleni Rylaan digby die Vaalrivier bly, kla oor rou riool wat nou al weke lank in ‘n stroom van omtrent 200 meter langs die pad af loop.

Op een plek loop dit direk van die rioolpunt af in die stormwaterafvoer in, wat meer soos ‘n vullishoop in die bosse lyk. Die onwelriekende rioolwater loop reguit Vaalrivier toe, waar dit ons pragtige rivier vieslik besoedel.
* Verskeie klagtes is oor soortgelyke riooloorstromings uit Rothdene en Unitaspark ontvang.
Die pompstasie aan die linkerkant van Laurie Stevensstraat in Unitaspark is oorstroom en die hele buurt ruik afgryslik. Op warm dae moet inwoners letterlik uit die omgewing vlug om van die ondraaglike af reuk weg te kom.
Dit het nou al behoorlik ‘n dam in die oop veld naby die huise gevorm en verskeie inwoners het laat weet dat die reuk regtig walglik is. Dit hou ook ‘n gesondheidsgevaar in vir kinders en diere wat deur die veld loop.
Vaalweekblad het ‘n opsomming van die klagtes wat ontvang is, vir kennisname aan die betrokke plaaslike owerhede gestuur. Hulle het onderneem om dringend aandag aan die probleme te gee.

In Emuleni-rylaan loop rou rioolwater sowat 200 meter straat af.
Rioolwater borrel by dié rioolpunt in SW5 naby die Vaalrivier uit en gaan na ‘n stormwaterafvoer vanwaar die besoedelde water reguit rivier toe stroom! Sies!

Hier onder is foto’s van die oorstroomde pompstasie in Unitaspark

.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button