CommunityLocal newsNewsNews

R5000 borg vir ouma Jossie se verdagte moordenaar

VANDERBIJLPARK. - Die verdgate in die moorsaak van Jossie Glison (90), wat op Sondag 26 Februarie in haar kamer by die Pioneer House vermoor is, is vandag 9 Maart op borgtog van R5000 en voorwaardes vrygelaat.

VANDERBIJLPARK. – Die verdgate in die moorsaak van Jossie Glison (90), wat op Sondag 26 Februarie in haar kamer by die Pioneer House vermoor is, is vandag 9 Maart op borgtog van R5000 en voorwaardes vrygelaat.

Die verdagte in die saak, Dirk Crafford (44), het vier keer in die hof verskyn voor borg aan hom toegestaan is en was sedert 26 Februarie in aanhouding. Die borgvoorwaardes wat landdros Teboho Kelaotswe in sy borg uitspraak gegee het is as volg. Crafford mag nie die perseel van die Pioneer huis betree om van sy goed te gaan haal sonder dat hy vergesel word van die ondersoekbeampte in die saak Ao. Booyens. Hy mag geen kontak hê met die staat se twee getuies Chantelle Muller en Abraham Swanepoel. Crafford gaan egter nou by sy suster woon.

Jossie Gilson is die aand van 26 Februarie in haar kamer in die Pioneer huis dood aangetref met 16 steekwonde en ‘n blou kol op die gesig. Familie van Crafford was na die borguitspraak verheug dat hy op borg vrygelaat is en sal Saterdag 11 Maart sy dogter se troue kan bywoon.

Landdros Teboho Kelaotswe hanteer die saak en Rucindi Myburgh tree op vir die staat. David Mey is Crafford se prokureur vir die verdediging. Die saak is uitgestel na 19 Mei in die streekhof op Vanderbijlpark vir die forensiese verslag om afgehandel te word.

In die hof Maandag 6 Maart. Fotos: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button