NewsNews

Twee ernstig beseer in bromponie-ongeluk

VANDERBIJLPARK. - Twee mense is ernstig beseer toe 'n bromponie met 'n kar in Wenningstraat gebots het.

Die voorval het Saterdag omstreeks 16:30 gebeur.

Met noodpersoneel van Netcare 911 se aankoms by die toneel het hulle gevind die bestuurder van die bromponie is in ‘n kritieke toestand en haar passasier het ook ernstige beserings opgedoen. Die bestuurder van die kar het ongedeerd daarvan afgekom.

Die bestuurder van die bromponie is per helikopter na Unie Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button