Die vrou se dogtertjie het glo die man se seuntjie teen die kop geklap toe hulle in die speelarea gespeel het. Die pa het glo gesien wat gebeur het en toe die ma van die dogtertjie gekonfronteer.
Die konfrontasie het egter nie goed verloop nie en kort voor lank het die vonke en vloekwoorde begin spat.
Restaurantgangers was verstom en sommige het selfs begin opstaan. Personeel van dié Spur kon egter nie daarin slaag om die vrede vinnig genoeg te bewaar nie.
In ’n verklaring uitgereik deur Spur word genoem dat sekuriteitspersoneel ontbied is toe die voorval al hoe heftiger geraak het. Die personeel en bestuur het probeer om die situasie te ontlont maar is telkemale deur die “woedende man” weggestoot.
Luidens die verklaring is die man van alle Spur-restaurante landwyd verban.
Kyk die video hier: (News24)



