
Huisbrake het veral in Drie Riviere die afgelope tyd toegeneem. Kaptein Fikile Funda, woordvoerder vir Vereeniging SAPD, vra dat inwoners hul huishulp ook sal waarsku om nie vreemdelinge in die huis toe te laat nie sonder die eienaar se toestemming nie. Dit gebeur dikwels dat die booswigte hulself voordoen as mense wat herstelwerk moet doen.
41 Verdagtes is gedurende die naweek gearresteer vir verskeie oortredings soos huisbraak en diefstal, dwelms, dronkbestuur en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Drie gewapende rowers is ook agter tralies en sal eersdaags in die Vereenigingse lanndroshof verskyn.



