Ses beseer in nog ‘n kettingbotsing
VANDERBIJLPARK. – Net vyf dae na ‘n ongeluk op die R59 waarin vyf mense dood is, was daar nog ‘n kettingbotsing waarin ses mense beseer is. Die ongeluk het Woensdag 10 Junie op R59 naby Meyerton naby die Kliprivier afrit plaasgevind. Ses voertuie was in die ongeluk betrokke. Drie persone het ernstige beserings opgedoen. Volgens …
VANDERBIJLPARK. – Net vyf dae na ‘n ongeluk op die R59 waarin vyf mense dood is, was daar nog ‘n kettingbotsing waarin ses mense beseer is.
Die ongeluk het Woensdag 10 Junie op R59 naby Meyerton naby die Kliprivier afrit plaasgevind. Ses voertuie was in die ongeluk betrokke. Drie persone het ernstige beserings opgedoen.
Volgens ER24 was drie trokke, ‘n bakkie, kar en ‘n SUV betrokke in die ongeluk. Twe mans moes uit hul voertuie bevry word met die “kake van lewe” en ander reddingstoerusting. Beide is per ER24 helikopter vervoer. Die derde pasiënt wat ook ernstige beserings opgedoen het is ook met die Netcare 911 helikopter vervoer.
Drie pasiënte wat matige beserings opgedoen het is per ambulans na die hospitaal vervoer vir behandeling. Wintermaande verleen hom vir addisionele gevaarsones vir padgebruikers en bestuurders word gemaan om baie versigtig te wees veral waar rook en mis die sig versper. Volgafstande is kritiek in enige weersomstandighede. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en die polisie is besig om die saak te ondersoek.





