NewsNews

Drie Riviere-man vasgebind terwyl hy besteel word

VEREENIGING. - Die Vereeniging SAPD ondersoek tans 'n saak van huisroof na vier gewapende mans 'n inwoner van Drie Riviere-Oos in sy huis oorval, vasgebind en aangerand het.

Volgens kaptein Fikile Funda, woordvoerder vir Vereeniging SAPD, het hulle die voordeur oop forseer waarna hulle hom beveel het om op die vloer te lê. Hulle het sy hande vasgebind en hom begin aanrand.

Hulle het met ‘n selfoon, juweliersware en Ford Ranger (ZCD 933 GP) op vlug geslaan. Die goedere wat gesteel is, se waarde is sowat R471 000.

Die man is hospitaal toe geneem na die voorval.

Geen skote is tydens die rooftog afgevuur nie.

Enige persoon met inligting kan die polisie by 016450 2263/4 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button