EntertainmentNewsNews

Twee ernstig beseer in Meyerton-ongeluk

MEYERTON. - Twee mense het ernstige beserings opgedoen in 'n ongeluk tussen 'n voertuig en vragmotor.

Die ongeluk het omstreeks 18:30 by die Pierneef-afrit gebeur.

Volgens Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, kom dit voor asof die bestuurder van die voertuig die afrit geneem het en toe aan die kant van die vragmotor gebots het.

Nooddienspersoneel het die beseerdes, ‘n man en vrou, op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button