News
12 Beseer in Vereeniging minibus-ongeluk
VEREENIGING. - 12 Mense is beseer toe die bestuurder van 'n minibus vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en dit laat rol het.
Die ongeluk het omstreeks 12:00 Saterdagmiddag op die R54 gebeur.
Volgens Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het nooddienspersoneel met hul aankoms op die toneel gevind dat 12 mense beserings opgedoen het, waarvan vier ernstig beseer was.
Die pasiënte is op die toneel behandel voor hulle hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



