CommunityLifestyleLocal newsNewsUpdate

Dié week in die nuus

Kry jou Vaalweekblad vandag by 'n straatverkoper of by 'n winkel of kafee naby jou. Teen R5-40 is dit 'n winskopie propvol nuus en rubrieke.

Retha Fitchat

* Gesinslede van die bejaarde boer, mnr. Frans (Klein) Harmse (87) gaan hom dié week op hul familieplaas buite Parys begrawe nadat hy gesterf het weens beserings wat hy in ‘n plaasaanval opgedoen het.

* Inwoners van sommige strate in Vanderbijlpark span saam en herstel saam-saam die slaggate in hul gebied waar ‘n kitskos-afleweraar en ‘n skoolmeisie die afgelope tyd sleg beseer is.
* Verskeie polisielede gaan vereer word vir hul heldhaftige optrede na die rooftog by die Emerald Resort & Casino.
* Die Vaaldriehoekse sanger Refentse stap met groot eerbewyse weg by die Ghoema-toekennings. Ons eie Juan Boucher het ook geskitter!
* Johan Pienaar van Hoërskool Driehoek presteer in perdry.
* Neem deel aan Vaalweekblad se maklike westryde:
* Wen Gerhard Steyn se nuutste CD!
* Musiekliefhebbers kan gatis kaartjies wen vir vertonings deur Andriette en Nathan Smith by Vereeniging Barnyard. Dan is daar ook komplimentêre kaartjies te wen vir Vernon Muso en Juan Boucher se opwindende show by Sharky Town op 28 April.
* Moedersdag is om die draai! Benut ‘n kans om ‘n wonderlike prys, geborg deur Waterfront Country Lodge & Spa, vir jou of jou ma los te slaan!

Sport:
Lees alles oor Vaaldriehoeker Chris Harmse se dramatiese terugvegpoging tydens die pasafgelope Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap wat in Potch gehou is.
“Vinnige Fanie” de Villiers gee sy resep vir sukses.
Lees hierdie sportberigte en nog vele meer in dié week se Vaalweekblad. Neem gerus ook deel aan ons meningsblad, ons maatsoekershoek en ons werksoekersrubriek.

Onthou ook dat jy hierdie week twee koerante vir die prys van een kry, want dié week se uitgawe sluit ook die maandelikse Engelse Vaalweekblad in!

Lekker lees!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button