News

Motorfietsryer dood na hy koedoe tref

'n Motorfietsryer is vanoggend dood na hy op die R512, buite Lanseria, 'n koedoe getref het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, is noodpersoneel om 07:30 na die toneel ontbied waar hulle die man, sy motorfiets en die koedoe gevind het wat ‘n paar meter van mekaar gelê het.

Die man is op die toneel dood verklaar ne die koedoe is ook dood.

Volgens ‘n ooggetuie het die man en sy motorfiets deur die lug getrek, maar hy was nie bewus dat die man ‘n dier getref het nie. Hy het dit eers gesien toe hy ondersoek instel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button