Entertainment

EINA! Die nuwe brandstofpryse kan verbruikers ‘seer’ maak

Voor jy vanaad gaan slaap moet jy maar seker maak jou voertuig se tenk is propvol brandstof, want die nuwe brandstofpryse kan dalk jou sak die maand ruk.

Die Departement van Energie het die nuutste styging in brandstofpryse bekendgemaak wat vanaf 3 Mei inwerking sal tree.

Die prys van 95- en 93-oktaan-petrol styg met 49 sent per liter, terwyl diesel met ‘n swaelinhoud van 0.05% met 30 sent per liter meer gaan kos en die met ‘n swaelinhoud van 0.005% met 32 sent per liter.

Paraffien se prys styg met 34 sent per liter.

Die rede vir die skerp styging is onder meer die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar na pres. Jacob Zuma se skielike kabinet-skommeling en Suid-Afrika wat na rommelstatus afgradeer is.

So lyk die nuwe pryse per liter in die binneland:

93-oktaan-petrol: R13.57

95-oktaan-petrol: R13:79

0.05% diesel: R11.81

 

Related Articles

 
Back to top button