News

Gestremde vrou dood na trein haar tref

VEREENIGING. - 'n Gestremde vrou is vanmiddag dood na sy deur 'n trein getref is.

Die voorval het op die Duikweg-treinbrug omstreeks 16:25 gebeur.

Margaret Grasman (45) was op pad na haar huis in Peacehaven toe sy noodgedwonge oor die treinbrug moes loop omdat die pad onder die brug reeds vir etlike weke onder water is.

Nooddienspersoneel is na die toneel ontbied, maar sy het reeds aan haar beserings beswyk.

Lees volledige berig in volgende week se Vaalweekblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button